Noa doen vandag aansoek om borg
Die borgaansoek van Dennis Noa, die leerlingdokter wat op klagte van sodomie in hegtenis geneem is, sal vandag in die Katutura Landdroshof aangehoor word. Die saak is op 14 April, tydens sy eerste verskyning tot vandag toe uitgestel omdat die Staat gesê het daar is nuwe verwikkelinge in die saak. Noa se regsverteenwoordigers het saamgestem […]
Namibiese skrywer wen Statebond-prys
‘n Namibiese skrywer is die Afrika-wenner van 2021 se Statebond Kortverhaal-prys. Rémy Ngamije wat in Rwanda gebore is, het die 2021 Statebond Kortverhaal-prys vir Afrika vir sy storie ‘Granddaughter of The Octopus’. Die 32-jarige skrywer en fotograaf het skrywers van Lesotho en verskeie Nigeriese skrywers geklop. Rémy deel sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus.
Australië berei entstof voor vir 2022 se Covid-variante
Die Covid-entstof vervaardiger Moderna het ‘n ooreenkoms met Australië gesluit vir 25 miljoen dosisse, waarvan 10 miljoen later vanjaar gelewer sal word. Die oorblywende 15 miljoen sal versterkerdosisse vir nuwe variante wees wat volgende jaar gelewer sal word. Australië het tot dusver meer as 29 000 gevalle van Covid-19 aangeteken, met 910 sterftes. Die Minister […]
Amupanda wys raadslede aan vir 10 kiesafdelings
Windhoek se Burgemeester Dr. Job Amupanda, het raadslede vir plaaslike owerhede aan al 10 kiesafdeling van die Khomas-streek toegewys. Hulle sal saam met streeksraadslede in elke kiesafdeling tydens hul termyn saamwerk. Stad Windhoek se Woordvoerder Lydia Amutenya gee bevestiging aan Kosmos 94.1 Nuus.
Kaapstad verbaas oor DBV se bobbejaan beslissing
Die Stad Kaapstad sê hy is verbaas oor die Nasionale Dierebeskermingsvereniging se formele aankondiging om sy steun vir die gebruik van verfbal-merkers as ‘n manier om bobbejane uit die stedelike gebiede te hou, te ontrek. Die stad sê hy is nou in ‘n moeilike situasie en hy sal sy kontrak met die diensverskaffer wat die […]
Plaaslike bloubessie-produksie vorder baie goed
Die Suid-Afrikaanse bessie-organisasie Berries ZA sal na verwagting vanjaar 25 000 ton bloubessies uitvoer, wat 10 000 ton meer is as verlede seisoen. Die Europese Unie het die Verenigde Koninkryk verbygesteek as die grootste ontvanger van Suid-Afrikaanse bloubessies. Albert Basson die Beleggings Bestuurder by Königstein Capital in Windhoek, die plaaslike bloubessie produsent gesels met Kosmos […]
Merc, Red Bull geniet tweestryd
Toto Wolff van Mercedes en Christian Horner van Red Bull sê albei geniet vanjaar se tweestryd in die Formule Een-seisoen. Mercedes is tans 29 punte voor Red Bull op die vervaardigers-punteleer nadat hy tot dusver drie van die vier wedrenne gewen het. Wolff sê Red Bull bring die beste in sy span na vore en […]
SA-miljardêr skenk entstof-tegnologie
‘n Suid-Afrikaans-gebore entrepreneur-miljardêr op die gebied van biotegnologie, Patrick Soon-Shiong, het bekendgemaak dat sy Amerikaanse firma en filantropiese stigting aanvanklik 3 miljard Namibiese doller sal skenk om die jongste tegnologie oor die vervaardiging van entstowwe en biologiese terapieë na Suid-Afrika oor te dra. Hy het op ‘n internasionale vergadering oor die billike verspreiding van Covid-entstowwe […]
Brandweerstasie steeds nie in gebruik nie, meubels kort
Ongwediva se spiksplinternuwe brandweerstasie is nog nie in gebruik geneem nie. Die geriewe vir brandbestryders is reeds in die vorige finansiële jaar voltooi maar daar is steeds geen meubels vir personeel om in te trek nie. Die dorp se Burgemeester Priest Shalyefu sê sy dorpsraad het daarom net meer as 226 000 Namibiese doller bewillig […]
Vroue-rugby: nuwe skedule verwelkom
Die afrigter van die Springbok-vrouespan, Stanley Raubenheimer, het die veranderings verwelkom wat volgende jaar tydens die Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland in werking tree. Wêreldrugby het aangekondig dat die toernooi langer rusperiodes sal insluit, wat die geleentheid van 35 tot 43 dae sal verleng, met vyf rusdae tussen wedstryde. Die toernooi sal die Springbok-vroue se eerste verskyning […]