Kom ons werk saam vir die vasteland – Geingob
Namibië herdenk vandag Afrikadag saam met die res van die vasteland en talle lande in die wêreld. Maar dit is ook vandag Afrika Vryheidsdag wat herdenk word om die vryheid van die vasteland te vier. Lande soos die VSA, Spanje en die Verenigde Koninkryk herdenk ook die dag. President Hage Geingob sê ons moet vandag […]
F1: Red Bull oortref verwagtinge
Die hoof van Red Bull se Formula Een-span, Christian Horner, sê om in albei kampioenskappe voor te loop, oortref alle verwagtinge. Max Verstappen het met sy oorwinning in Sondag se Monaco Grand Prix die eerste keer in sy loopbaan die voortou geneem in die bestuurders-afdeling. Red Bull is ook die eerste keer sedert 2013 bo-aan […]
Belarus-redery verbied in Brittanje
Brittanje se minister van buitelandse sake, Dominic Raab, sê die ingryping by ‘n vlug van Ryanair is ‘n onverskillige en gevaarlike skending van internasionale reg. ‘n Teenregerings-joernalis van Belarus is in hegtenis geneem nadat die vlug na Litaue herlei is. Raab sê hy het Belavia se bedryfspermit onmiddellik opgeskort en het alle lugrederye versoek om […]
Wapenwet in SA handel oor meer as verdediging
‘n Kriminoloog in Suid-Afrika sê die konsep-wysigingswetsontwerp op vuurwapen-beheer ontwapen nie net mense nie, maar handel ook oor die breër kwessie van veiligheid in die buurland. Die voorgestelde wysiging behels dat Suid-Afrikaners nie meer vuurwapen-lisensies sal kry vir die doel om hulself te verdedig nie. Dr Guy Lamb sê daar was in die verlede beslis […]
Polisieman sal skuldig pleit op dronkbestuur
Die polisie beampte wat oor die naweek in hegtenis geneem is in Keetmanshoop se dronkbestuur saak is tot 28 September uitgestel. Adjudant Offisier Obert Shamu het voor landdros Olivia van der Colff op die dorp verskyn en het gesê hy sal skuldig pleit op die klagte teen hom en dat hy homself sal verdedig. Hy […]
Shikongo vandag ter ruste gelê
Die ontslape voormalige burgemeester van Windhoek Mathew Shikongo sal vandag by die Pionierspark-begraafplaas ter ruste gelê word. Shikongo is op 13 Mei in Ongwediva oorlede aan Covid-verwante oorsake. President Hage Geingob het ‘n staatsbegrafnis aan hom toegeken. Die besluit het kritiek uitgelok met menings dat die tipe persone wat staatsbegrafnisse toegeken word genoeg geld het […]
Mees kwesbare ly ergste onder pandemie
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, sê die mees kwesbare mense ly onder die Covid-19-pandemie en hy vrees dit is nog lank nie verby nie. Meer as 3,4 miljoen mense is wêreldwyd aan die siekte dood en nagenoeg 500 miljoen werkverliese het voorgekom nadat die virus einde 2019 die eerste keer in China […]
Wildmisdaad – ietermagô loop weer deur
Die Namibiese ministerie van die omgewing het die jongste wild misdaadverslag bekend gemaak. Tussen 17 en 23 Mei is vier nuwe sake geregistreer met ses verdagtes, waarvan een ‘n Zambiër is, wat in hegtenis geneem is. Een saak hou verband met renosterstropery terwyl twee ietermagô-velle, ‘n zebra-karkas en ‘n gemsbok-karkas gekonfiskeer is. In Okahao is […]
Staatskaping kos SA N$49 miljard
Die buurland se Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, het sy skok uitgespreek dat Suid-Afrika 49 miljard Namibiese dollar weens staatskaping en korrupsie-verwante aktiwiteite verloor het. ‘n Navorser van Shadow World Investigation in Londen, Paul Holden, het voor die staatskapingskommissie verskyn. Hy het getuig dat die fondse deur staatsdepartemente en staatsondernemings aan private maatskappye, ouditeursfirmas en Gupta-gekoppelde […]
Grace word beveel om Mugabe weer te begrawe
‘n Tradisionele hof in Zimbabwe het beslis dat Robert Mugabe herbegrawe moet word by die Helde-akker in Harare. Sy weduwee Grace, is beveel om dit te doen en ook om ‘n boete van twee bokke en vyf beeste te betaal omdat sy nie haar man ‘korrek’ begrawe het nie. Hoofman Zvimba het volgens berigte die […]