F1: Red Bull oortref verwagtinge

Die hoof van Red Bull se Formula Een-span, Christian Horner, sê om in albei kampioenskappe voor te loop, oortref alle verwagtinge. Max Verstappen het met sy oorwinning in Sondag se Monaco Grand Prix die eerste keer in sy loopbaan die voortou geneem in die bestuurders-afdeling. Red Bull is ook die eerste keer sedert 2013 bo-aan die punteleer in die vervaardigers-afdeling. Horner sê met die aantal wedrenne wat nog vanjaar voorlê, moet hulle hul voorsprong behou totdat die kampioenskap verby is, en dit plaas druk op die span.