Staatskaping kos SA N$49 miljard

Die buurland se Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, het sy skok uitgespreek dat Suid-Afrika 49 miljard Namibiese dollar weens staatskaping en korrupsie-verwante aktiwiteite verloor het. ‘n Navorser van Shadow World Investigation in Londen, Paul Holden, het voor die staatskapingskommissie verskyn. Hy het getuig dat die fondse deur staatsdepartemente en staatsondernemings aan private maatskappye, ouditeursfirmas en Gupta-gekoppelde maatskappye betaal is. Outa sê hierdie geld kon vir die bou van skole, hospitale en paaie gebruik word en vir werkskepping en die bekamping van misdaad aangewend word.