Mees kwesbare ly ergste onder pandemie

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, sê die mees kwesbare mense ly onder die Covid-19-pandemie en hy vrees dit is nog lank nie verby nie. Meer as 3,4 miljoen mense is wêreldwyd aan die siekte dood en nagenoeg 500 miljoen werkverliese het voorgekom nadat die virus einde 2019 die eerste keer in China geïdentifiseer is. Guterres sê dit is noodsaaklik dat alle mense gelyke toegang tot inentings het sodat arm lande geleentheid kan kry om van die gevolge van die pandemie te herstel: