Wildmisdaad – ietermagô loop weer deur

Die Namibiese ministerie van die omgewing het die jongste wild misdaadverslag bekend gemaak. Tussen 17 en 23 Mei is vier nuwe sake geregistreer met ses verdagtes, waarvan een ‘n Zambiër is, wat in hegtenis geneem is. Een saak hou verband met renosterstropery terwyl twee ietermagô-velle, ‘n zebra-karkas en ‘n gemsbok-karkas gekonfiskeer is. In Okahao is Joel Hafeni Iita gearresteer vir ‘n saak wat reeds in Februarie gemaak is. Twee renoster horings is betrokke. In Katima Mulilo en Outapi is daar beslag gelê op die ietermagô-velle. Op 17 Mei is Kavijenene Kaemui skuldig bevind op ‘n klag van die besit van ‘n lewendige ietermagô. Hy is op 20 Junie 2019 in Katutura in hegtenis geneem.