Grace word beveel om Mugabe weer te begrawe

‘n Tradisionele hof in Zimbabwe het beslis dat Robert Mugabe herbegrawe moet word by die Helde-akker in Harare. Sy weduwee Grace, is beveel om dit te doen en ook om ‘n boete van twee bokke en vyf beeste te betaal omdat sy nie haar man ‘korrek’ begrawe het nie. Hoofman Zvimba het volgens berigte die boete opgelê omdat Mugabe nie volgens tradisie begrawe is nie. Mugabe se familie sê hulle sal die beslissing betwis. Die voormalige Zimbabwiese president is in 2019 op die ouderdom van 95 oorlede. Hy is in die familie-begraafplaas by sy huis in Kutama, 90 kilometer wes van Harare, begrawe.