Polisieman sal skuldig pleit op dronkbestuur

Die polisie beampte wat oor die naweek in hegtenis geneem is in Keetmanshoop se dronkbestuur saak is tot 28 September uitgestel. Adjudant Offisier Obert Shamu het voor landdros Olivia van der Colff op die dorp verskyn en het gesê hy sal skuldig pleit op die klagte teen hom en dat hy homself sal verdedig. Hy is in hegtenis neem oor die middaguur by ‘n padblokkade met ander lede van die mag. Hulle het van ‘n werkswinkel teruggekeer. Hy is vrygelaat op borg van 2 000 Namibiese dollar. Die Namibiese polisiehoof Luitenant-Generaal Sebastian Ndeitunga het in Desember 2019 borg vir dronkbestuur vasgestel op 8 000 dollar.