Kom ons werk saam vir die vasteland – Geingob

Namibië herdenk vandag Afrikadag saam met die res van die vasteland en talle lande in die wêreld. Maar dit is ook vandag Afrika Vryheidsdag wat herdenk word om die vryheid van die vasteland te vier. Lande soos die VSA, Spanje en die Verenigde Koninkryk herdenk ook die dag. President Hage Geingob sê ons moet vandag hulde aan die kampvegters wat die politieke vryheid en ekonomiese integrasie van die vasteland moontlik gemaak het. Hy het ‘n beroep op landsburgers gedoen om saam te staan en hard te werk vir die Afrika wat almal wil hê.