Shikongo vandag ter ruste gelê

Die ontslape voormalige burgemeester van Windhoek Mathew Shikongo sal vandag by die Pionierspark-begraafplaas ter ruste gelê word. Shikongo is op 13 Mei in Ongwediva oorlede aan Covid-verwante oorsake. President Hage Geingob het ‘n staatsbegrafnis aan hom toegeken. Die besluit het kritiek uitgelok met menings dat die tipe persone wat staatsbegrafnisse toegeken word genoeg geld het om ‘n waardige begrafnis te bekostig en dat die fondse beter bestee kan word.