Amnestie Internasionaal verwelkom hofbeslissing oor doodstraf in Malawi

Amnestie Internasionaal het die beslissing van die Hooggeregshof in Malawi verwelkom dat die doodstraf in die land ongrondwetlik is. Volgens ‘n verklaring van die organisasie het die doodstraf geen plek in die wêreld nie.Die regering van Malawi het nog nie amptelik op die hooggeregshof se beslissing gereageer nie.

Read More

Vandag 10 jaar gelede het Osama Bin Ladin gesterf

Dit is vandag presies 10 jaar gelede op 2 Mei 2011 dat Osama Bin Ladin tydens ‘n Amerikaanse militêre operasie in Pakistan dood is. Al-Qaeda wil intussen ‘n oorlog soos dit gestel is, op alle fronte teen Amerika voer te midde van die ontrekking van Amerika uit Afghanistan.Amerika, het reeds begin met die ontrekking en […]

Read More

Job oor die hoofstad se sogenaamde ousus rol

Die Burgemeester van Windhoek Job Amupanda, sê die hoofstad het ‘n morele verpligting om kleiner dorpsrade by te staan. Hy beskryf dit as die rol van ‘n ousus. Hy sê Stad Windhoek is daartoe verbind om Okakarara, Ongangwa, Oranjemund en Maltahöhe by staan met kwessies soos afval bestuur, beleidskepping en goeie bestuur. Hy het bygevoeg […]

Read More

52 Leerders en 10 onderwysers onder die nuwe Covid-19 gevalle

Daar is 52 leerders,10 onderwysers en 11 gesondheidswerkers onder die 248 nuwe Covid-19 gevalle wat in die land bevestig is.Die Covid-19-verwante sterftes staan nou op 649 . Daar is op die oomblik 1 821 aktiewe gevalle, waarvan 176 in die hospitaal en 40 in intensiewe sorgeenhede is. 46 421 Of te wel 95% van gevalle […]

Read More

SABC ontken hulle kan nie personeel se salarisse betaal nie

Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie het bewerings ontken dat hy nie in staat is om die salarisse van sy werknemers te betaal nie. Dit volg na verskeie mediaberigte wat beweer dat personeel nie hulle salarisse vir April ontvang het nie. Die buurland se openbare uitsaaier sê hy het ‘n omvatttende en gevestigde kontantbestuursproses wat ooreenstem met die […]

Read More

‘n Dag van rou in Israel

Israel het ‘n dag van nasionale rou afgekondig ná die stormloop Vrydag waarin minstens 45 mense by ‘n ultra-ortodokse Joodse fees dood is. Die feestelike byeenkoms in noord-Israel is in een van die land se ergste tragedies omskep met vier mense wat steeds in ‘n bedenklike toestand is en talle meer wat hospitaalbehandeling ontvang. Sowat […]

Read More

Reaksie op Zimbabwe se Landbou Finansieringskorporasie

Reaksie word ontvang op berigte dat die Zimbabwiese President Emmerson Mnangagwa die nuwe Landbou Finansieringskorporasie in die buurland van stapel gestuur het. Die instansie sal landbou deur finansiering bystaan met lenings vir verskeie dienste in die bedryf, wat soos ‘n Landbank sal dien. Die buurland se Ekonoom Eddie Cross sê dit is ‘n goeie besluit.

Read More

Likwidasie van SME Bank vorder goed

Die likwidasie van die SME Bank vorder volgens een van die likwidateurs Dave Bruni baie goed. Daar is talle sake in die Hoërhof sowel as die Mosiehof en Bruni sê hulle probeer om die uitstaande betalings in te samel. Hulle het ook ‘n hofgeding in Suid-Afrika. Bruni verduidelik.

Read More

Die Zoeloe-koninklike familie vergader vandag oor begrafnis van koningin

Die Zoeloe-koninklike familie in Suid-Afrika vergader vandag oor die begrafnisreëlings vir die AmaZulu koningin Mantfobi Dlamini-Zulu by die KwaKhethomthandayo-koninklike paleis in Nongoma, KwaZulu-Natal. Die 65-jarige monarg is Donderdagaand in die Milpark-hospitaal in Johannesburg oorlede. Koningin Mantfobi is oorlede terwyl die rou-tydperk vir haar man, koning Zwelithini kaBhekuZulu, nog voortduur. Hy het in Maart aan Covid-19-verwante […]

Read More

WGO gee toestemming vir die gebruik van Moderna Covid-19-entstof

Die Wêreld-gesondheidsorganisasie het toestemming verleen vir die noodgebruik van die Moderna Covid-19-entstof. Dié MRNA-entstof van die Amerikaanse vervaardiger is die jongste entstof wat nou op die WGO se noodgebruikslys is. Die ander entstowwe is van AstraZeneca, Pfizer-BioNTech en Johnson en Johnson. Soortgelyke goedkeuring word vir die Chinese Sinopharm en Sinovac afgewag. Die goedkeuring van die […]

Read More