Paaie Owerheid oor jongste by NaTis-kantore

Die Namibiese Paaie Owerheid het die stand van sake by NaTis-kantore landwyd vir Juliemaand bekendgemaak. Bykomend tot die tydelike opskorting van leerlinglisensie toetse sal die volgende maatreëls van môre af tot die einde van die maand van toepassing wees. Alle besprekings vir bestuurslisensie toetse word opgskort vir die res van die maand met die uitsondering van leerlinglisensies wat die maand verstryk. Padwaardigheidstoetse vir voertuie sal beperk word tot ‘n paar per dag. Houers sal by alle NaTis-kantore beskikbaar wees vir applikante om hulle dokumente in te plaas. Alle NaTis-kantore landwyd sal slegs met kern personeel bedryf word in die lig van die Covid-19-regulasies.