Britse en Ierse Leeus begin goed

Rugby: Vier drieë deur Josh Adams het die Britse en Ierse Leeus gehelp om hulle toer in Suid-Afrika op oortuigende wyse af te skop. Die vleuel van Wallis se punte het deel uitgemaak van agt drieë deur die besoekers. Hulle het die Sigma Lions op Ellispark uiteindelik met 56 -14 getroef. Louis Rees-Zammit, Hamish Watson, Ali Price en Gareth Davies het ook vir die besoekers punte aangeteken. Vincent Tshituka en Rabz Maxwane het elkeen ‘n drie vir die Sigma Lions gedruk. Die Britse en Ierse Leeus speel Woensdag teen die Sharks.