Zuma se arrestasie-spertyd kom nader

Ondersteuners van die voormalige Suid-Afrikaanse president Jacob Zuma het ‘n beroep op die ANC gedoen om in te gryp in die kwessie van sy inhegtenisname. Die groep het na die party se hoofkwartier in KwaZulu-Natal opgeruk en dringende optrede geëis, terwyl Zuma se arrestasie-spertyd nader kom. Die Konstitusionele Hof het Zuma van minagting van die hof aangekla en hom tot 15-maande tronkstraf gevonnis. Zuma glo gevangenisskap sal sy lewe bedreig weens wat hy beskryf as sy onstabiele gesondheidstoestand. Intussen sê ondersteuners van Zuma om hom tronk toe te stuur sal die buurland uitmekaar skeur. Die woordvoerder van die Mkhonto weSizwe-militêre-veterane-vereniging, Carl Niehaus.