Minister bedank Finland en EU vir skenking van mediese voorraad

Die Namibiese minister van Internasionale Betrekkinge Netumbo Nandi-Ndaitwah, het die regering van Finland en die Europese Unie bedank vir die donasie van mediese voorraad om die Covid-19 pandemie te bestry. Die voorraad is met ‘n spesiale vlug na Namibië gebring. Dit sluit onder andere, meer as twee miljoen gesigmaskers, 30 000 mediese jasse, 100 000 spuite, en byna 189 000 deppers in. Volgens die minister heg Namibië groot waarde aan sy verhoudinge met Finland en die Europese Unie wat oor baie jare strek en sal dit graag verder wil uitbou.