Covid-19 herstelkoers nou op 74% in die land

Die Covid-19 herstelkoers in die land is op die oomblik 74%. Die statistiek is deur die Namibiese gesondheidsministerie bekendgemaak. 123 439 Mense het reeds hulle eerste dosis entstof gekry, terwyl 25 793 ten volle ingeënt is. Daar is 1 178 nuwe gevalle bevestig, en 40 nuwe sterftes in agt distrikte wat die totale aantal sterftes op 1 626 te staan bring.