Groot reënskade in laagliggende gebiede in die Wes-Kaap

Die Stad Kaapstad en noodlenigingsorganisasies werk oortyd om duisende mense te help wie se huise in laagliggende gebiede oorstroom het. Minstens 20 informele nedersettings in gebiede soos Khayelitsha, Gugulethu, Philippi, die Strand, Vishoek en Houtbaai is erg deur die aanhoudende reën geraak. Gift of the Givers is besig om duisende komberse aan mense in en rondom vyf-duisend-500 beskadigde strukture uit te deel. Die gure weer het ook verskeie kragonderbrekings veroorsaak, met inwoners wat kla hulle kan die stad se nooddienste nie bereik nie.