Covid-19-gevalle in Suid-Afrika styg steeds

Daar is intussen nie ‘n einde aan die skokkende styging in die aantal koronavirusgevalle in Suid-Afrika nie. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in die buurland het 26-duisend-485 nuwe Covid-19-gevalle aangemeld – tot op hede die hoogste getal binne 24-uur. Dit beteken heelwat meer as twee-miljoen mense het sedert die begin van die pandemie positief getoets. ‘n Verdere 157 sterftes is aangemeld, wat die totale getal sterftes op 61-duisend-507 te staan bring. Gauteng het steeds meer as 60-persent van alle nuwe gevalle geregistreer, gevolg deur die Wes-Kaap en Limpopo.