Die Zuma-kwessie bly in die nuus

Die Konstitusionele Hof in Suid-Afrika het ingestem om oud-president Jacob Zuma se dringende aansoek aan te hoor vir die herroeping van die beslissing dat hy 15-maande tronkstraf moet uitdien vir minagting van die hof. Dit sal op 12 Julie gebeur. Dit is volgens kenners nie heeltemal duidelik of Zuma steeds vandag by die polisie moet aanmeld soos Lawson Naidoo van die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet verduidelik.