Van Wyk en Kanime baklei, weer

Plaaslike media berig dat die Burgemeester van Rehoboth, Rudi van Wyk eis dat klagtes teen die dorp se Hoof Uitvoerende Beampte Simoen Kanime gebring word en dat hy dissiplinêr verhoor word. Van Wyk het ‘n brief aan die Dorpsraad se Uitvoerende Komitee, sowel as die Hardap Goewerneur en die Minister van Stedelike Ontwikkeling in die […]

Read More

Suid-Afrikaners moet Indiërs bystaan

Die Suid-Afrikaanse humanitêre organisasie, Gift of the Givers, het ‘n beroep gedoen op mense om die inwoners van Indië te midde van ‘n verwoestende nuwe vlaag Covid-19 gevalle te help. Die stigter, Imtiaz Sooliman, sê hulle probeer soveel as moontlik suurstof-konsentreerders vanaf Suid-Afrika of ander lande stuur, want dit sal duisende mense se lewens red:

Read More

Swapo jeugliga bespreek operasionele kwessies

Die Uitvoerende Komitee van die Swapo Jeugliga het sy nasionale vergadering op Otjiwarongo gehou. Die vergaderings word normaalweg maandeliks gehou om verskeie operasionele kwessies te bespreek. Ephraim Nekongo, die Sekretaris van die liga sê besprekings was baie suksesvol.

Read More

SA Krieket ondersteun uitstel van Indiese Premierliga

Krieket Suid-Afrika sê hulle ondersteun die uitstel van die Indiese Premierliga nadat Covid-19 gevalle in Indië die hoogte ingeskiet het. Daar is nog ongeveer 30 wedstryde wat in die 2021-seisoen gespeel moet word. KSA sê in ‘n verklaring daar is reeds kontak gemaak met al die betrokke spanne om die spoedige terugkeer van Suid-Afrikaanse spelers […]

Read More

Covid: Namibië stap sterk aan na 50 000

Daar is 52 nuwe Covid-gevalle uit 639 toetse. Volgens die Namibiese Ministerie van Gesondheid het Khomas 36, wat almal in Windhoek is, Karas het 8, Omaheke 4, Otjozondjupa 2 en Hardap en Erongo 1 elk. Sewe leerders en 1 gesondheidswerker is in die groep. ‘n Totaal van 147 pasiënte het herstel en aktiewe gevalle is […]

Read More

Australië: Reisverbod op Indië bly

Australië se Eerste Minister, Scott Morrison, het opnuut sy regering se besluit verdedig om ‘n Covid-19-reisverbod teen Indië in te stel. Morrison het onder heftige kritiek deurgeloop. Die verbod gaan gepaard met ’n boete of vyf jaar tronkstraf vir mense wat in dié tyd uit Indië na Australië probeer terugkeer. Die gewese Australiese krieketspeler Michael […]

Read More

Covid in Indië: Afrika moet waarneem

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê die verwoestende styging in korona-virusgevalle en sterftes in Indië asook toenames in ander wêrelddele, is duidelike tekens van die risiko dat dit ook in Afrika-lande kan toeneem. Meer as 45 miljoen gevalle is reeds op die vasteland aangemeld en 120 000 mense het aan die virus gesterf. Matshidiso Moeti van […]

Read More

Reuse verlies in inkomste vir GRN as gevolg van Covid

Die regerings van meeste ontwikkelende lande het groot verliese gehad as gevolg van Covid. In Namibië is meer as 11 200 werksverliese van 983 werkgewers in die vorige finansiële jaar aangeteken. Terwyl werksverliese die uitdagings van werkloosheid vererger, is daar ander kwessies verbonde. Die Namibiese Ministerie van Finansies het vroeër aangekondig dat die Ontvanger meer […]

Read More

Oprah-student ontvang doktorsgraad

Die Rhodes Universiteit in die Oos-Kaap het sy trots uitgespreek oor die eerste alumnus van die Oprah Winfrey Leierskap Akademie vir Meisies wat ‘n doktorsgraad behaal het. Lindiwe Tsope het haar doktorale navorsing gedoen oor die ervaring van studente en personeel aan die universiteit wat met MIV en Vigs moet lewe. Die universiteit sê haar […]

Read More

Shalulile en Hotto blink weer uit!

Twee Namibiese sokkerspelers, Peter Shalulile en Deon Hotto, is deel van die agt genomineerdes vir die gesogte KICK OFF Sokkerspeler van die Seisoen. Die 27-jarige Shalulile is vir die tweede agtereenvolgende jaar genomineer en hoop om hierdie keer met die louere weg te stap. Hy is een van die duurste spelers in die streek en […]

Read More