Oorstromings in Japan

Honderde-duisende inwoners in drie provinsies in Japan is beveel om hulle huise te ontruim ná waarskuwings van nog oorstromings. Dit volg na gister se massiewe grondstorting in Atami City in sentraal-Japan wat deur swaar reënval veroorsaak is. Minstens 20 mense word na die grondstorting vermis. Twee liggame is gevind ná modder huise en ander eiendom weggevoer het. Atami het in die eerste drie dae van Julie meer reën gehad as wat gewoonlik in die hele maand voorkom.