Proteas wen die T20-reeks teen Wes- Indië

Krieket: Suid-Afrika se oorwinning van 25 lopies in die beslissende T20-wedstryd teen Wes-Indië in Grenada het aan hulle ‘n reeksoorwinning van 3-2 besorg. Die Proteas het 164 vir vier in hulle 20 boulbeurte aangeteken en die gashere tot 143 vir nege beperk. Quinton de Kock en die speler van die wedstryd, Aiden Markram, het ‘n rekord-vennootskap van 128 om die tweede paaltjie behaal wat die span ‘n hupstoot gegee het. Die gashere het goed begin, maar toe ses paaltjies vir slegs 33 lopies afgestaan, wat aan die Proteas die wedstrydoorwinning en die reeks besorg het.