Lekker tennis op Wimbledon

Tennis: Roger Federer het Wimbledon se laaste 16 vir die 18de keer gehaal met ‘n oorwinning van vier stelle teen Cameron Norrie van Brittanje. Die agt-malige kampioen het met 6-4, 6-4, 5-7 en 6-4 gewen. Nick Kyrgios van Australië moes hom weens ‘n besering in sy derde-ronde-wedstryd teen die Kanadees Felix Auger-Aliassime onttrek. In die vroue-afdeling het die voormalige Wimbledon-kampioen van Duitsland, Angelique Kerber, die ongekeurde Aliaksandra Sasnovich van Belarus in drie stelle met 2-6, 6-0, en 6-1 geklop, ná ‘n vertraging weens reën. Die 17-jarige Amerikaner, Coco Gauff, het weer die vierde ronde gehaal met ‘n oorwinning van 6-3 en 6-3 teen Kaja Juvan van Sloewenië.