ANC besin oor Zuma

Die voorsitter van die ANC in KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, sê die Konstitusionele Hof se beslissing oor Jacob Zuma het die party en die nasie verdeel. Zikalala het ná ‘n vergadering met die voormalige president by sy huis in Nkandla gepraat. Zuma voer aan hy is onskuldig en doen ‘n beroep op die hof om sy vonnis van 15 maande te heroorweeg en of hy in ooreenstemming met die grondwet opgetree het. Zikalala het bygevoeg die party het tyd nodig om te besluit hoe hy die saak gaan hanteer.