Tjiriange word by Helde-akker begrawe
Die Namibiese ministerie van inligting het aangekondig dat die voormalige minister van justisie en sekretaris-generaal van Swapo, Ngarikutuke Tjiriange, ‘n staatsbegrafnis toegeken is. Tjiriange, 77, is op 23 Junie oorlede aan Covid-19. Sy roudiens sal môre in die parlementstuine gehou word en hy sal Donderdag by die Helde-akker net Suid van die hoofstad begrawe word. […]
Fillipynse vliegtuigongeluk: Swartboks gevind
Die vlugopnemer van die Filippynse militêre vliegtuig wat Sondag in die provinsie Sulu met 96 soldate en bemanningslede aan boord neergestort het, is opgespoor. Minstens 50 mense is dood, onder wie drie burgerlikes op die grond. Meer as 40 mense is beseer. Die eilandgroep se weermaghoof, Cirilito Sobejana, het aan internasionale media gesê die vlugopnemers […]
SA-hospitale onder druk, suurstoftekorte word ervaar
Die heersende realiteit van die derde vlaag van die pandemie is dieselfde in Suid-Afrika as wat plaaslik ervaar word. Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het kommer uitgespreek oor die hoë Covid-19 infeksiesyfer die afgelope paar dae. Die vereniging se voorsitter, dr. Angelique Coetzee sê dit het wel afgeneem na Saterdag se rekordgetal van meer as 26 […]
Noodsaaklikedienste-permit is nie reispermit nie
Daar is verwarring oor die gebruik van die sertifikaat wat aan persone in noodsaaklike dienste werk uitgereik is. Met die streke wat ingeperk is, moet lede van die publiek verstaan dat dié dokument nie gebruik kan word om ‘n streek te verlaat nie. ‘n Reispermit moet bekom word soos Elijah Mukubonda van die ministerie van […]
Jodie Foster word by Cannes vereer
Die aktrise Jodie Foster gaan op die Cannes-filmfees vereer word met ‘n toekenning vir lewenslange prestasie. Die 58-jarige Foster het in die laat 1960’s haar debuut as aktrise gemaak. Sy het later in haar loopbaan Oscars gewen vir haar rolle in die riller The Silence of the Lambs in 1991 en die drama The Accused […]
Dumbo-jet sal 13 olifante hervestig in Afrika
Die Aspinall-stigting sal ’n trop van 13 olifante wat tans die dieretuin in Kent, Engeland, hulle tuiste noem, hervestig in Kenia. Volgens Carrie Johnson, vrou van die Britse premier Boris Johnson en hoof van kommunikasie vir Aspinall, sal ‘n Boeing 747 wat toegerus is met spesiaal-vervaardigde kratte, vir die vervoer van die diere gebruik word. […]
Baba-Bokke opgewonde vir Nuweland
Die afrigter van die Junior Springbokke, Bafana Nhleko, sê die geleentheid om die naweek op Nuweland in Kaapstad te speel, is ‘n welkome hupstoot. Die Baba-Bokke pak Argentinië Saterdag in die eindstryd van die Internasionale Onder 20-reeks. Die wedstryd is na Nuweland verskuif weens die toestand van die veld van die Markötter-stadion in Stellenbosch. Nhleko […]
Dodetal in Miami styg tot 27
Nog drie liggame is in die puin van die woonstelblok in Surfside naby Miami in Florida gevind wat gedeeltelik ineengestort het. Dit bring die bevestigde dodetal op 27 te staan. Minstens 118 mense word nog vermis. Die res van die Champlain Towers South-gebou is Sondagaand laat ingeplof om reddingspanne in staat te stel om na […]
Spele: dalk geen publiek by openingseremonie nie
Die Japanese regering oorweeg dit sterk om nie enige toeskouers by die openingseremonie van die Tokio Olimpiese Spele toe te laat nie as gevolg van vrese oor Covid-19. ‘n Beperkte aantal BBP’s en Olimpiese beamptes sal egter wel by die seremonie op die 23ste van die maand toegelaat word. ‘n Besluit word Donderdag geneem. Organiseerders […]
Covid en die haweloses
Terwyl die Covid-pandemie op die oomblik op sy ergste is, is die impak op haweloses groot met hulle wat nie noodwendig die middele het om vir die virus te toets of ingeënt te word nie. Tog sê die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, die ministerie se gesondheidfasiliteite is beskikbaar vir almal. Shangula verduidelik aan Kosmos […]