Dodetal in Miami styg tot 27

Nog drie liggame is in die puin van die woonstelblok in Surfside naby Miami in Florida gevind wat gedeeltelik ineengestort het. Dit bring die bevestigde dodetal op 27 te staan. Minstens 118 mense word nog vermis. Die res van die Champlain Towers South-gebou is Sondagaand laat ingeplof om reddingspanne in staat te stel om na die res van die slagoffers te soek. Owerhede van die Miami-Dade-gebied sê die ondersoek na die ineenstorting van die woonstelblok is ingewikkeld en sal redelik lank duur.