Fillipynse vliegtuigongeluk: Swartboks gevind

Die vlugopnemer van die Filippynse militêre vliegtuig wat Sondag in die provinsie Sulu met 96 soldate en bemanningslede aan boord neergestort het, is opgespoor. Minstens 50 mense is dood, onder wie drie burgerlikes op die grond. Meer as 40 mense is beseer. Die eilandgroep se weermaghoof, Cirilito Sobejana, het aan internasionale media gesê die vlugopnemers sal ondersoekers in staat moet stel om na die gesprekke van die vlieëniers en bemanning kort voor die ongeluk te luister. Die soldate was volgens berigte onderweg na Jolo as versterkings vir die militêre optrede teen die klein Islamitiese rebellegroep Abu Sayyaf.