Baba-Bokke opgewonde vir Nuweland

Die afrigter van die Junior Springbokke, Bafana Nhleko, sê die geleentheid om die naweek op Nuweland in Kaapstad te speel, is ‘n welkome hupstoot. Die Baba-Bokke pak Argentinië Saterdag in die eindstryd van die Internasionale Onder 20-reeks. Die wedstryd is na Nuweland verskuif weens die toestand van die veld van die Markötter-stadion in Stellenbosch. Nhleko sê dit is ‘n spesiale voorreg om te dink dat hulle moontlik die laaste nasionale span is wat op Nuweland sal speel: