SA-hospitale onder druk, suurstoftekorte word ervaar

Die heersende realiteit van die derde vlaag van die pandemie is dieselfde in Suid-Afrika as wat plaaslik ervaar word. Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het kommer uitgespreek oor die hoë Covid-19 infeksiesyfer die afgelope paar dae. Die vereniging se voorsitter, dr. Angelique Coetzee sê dit het wel afgeneem na Saterdag se rekordgetal van meer as 26 000 nuwe infeksies op een dag, maar bly kommerwekkend. Sy sê die stryd teen die derde vlaag word onverpoos in hospitale en spreekkamers gevoer.