Dumbo-jet sal 13 olifante hervestig in Afrika

Die Aspinall-stigting sal ’n trop van 13 olifante wat tans die dieretuin in Kent, Engeland, hulle tuiste noem, hervestig in Kenia. Volgens Carrie Johnson, vrou van die Britse premier Boris Johnson en hoof van kommunikasie vir Aspinall, sal ‘n Boeing 747 wat toegerus is met spesiaal-vervaardigde kratte, vir die vervoer van die diere gebruik word. Die vliegtuig word die Dumbo-jet genoem. Aspinall sal ook met teenstropery spanne werk om die groepie veilig te hou. Johnson sê hoewel die diere gelukkig is in die dieretuin, is Afrika hulle tuiste.