Spele: dalk geen publiek by openingseremonie nie

Die Japanese regering oorweeg dit sterk om nie enige toeskouers by die openingseremonie van die Tokio Olimpiese Spele toe te laat nie as gevolg van vrese oor Covid-19. ‘n Beperkte aantal BBP’s en Olimpiese beamptes sal egter wel by die seremonie op die 23ste van die maand toegelaat word. ‘n Besluit word Donderdag geneem. Organiseerders het reeds oorsese toeskouers verban en stadions is tot 50 persent kapasiteit met ‘n maksimum van 10 000 mense beperk. Japan het tot dusver 807 000 Covid-19 gevalle aangemeld met 14 793 mense wat reeds dood is.