Jodie Foster word by Cannes vereer

Die aktrise Jodie Foster gaan op die Cannes-filmfees vereer word met ‘n toekenning vir lewenslange prestasie. Die 58-jarige Foster het in die laat 1960’s haar debuut as aktrise gemaak. Sy het later in haar loopbaan Oscars gewen vir haar rolle in die riller The Silence of the Lambs in 1991 en die drama The Accused in 1998. Die organiseerders van die fees sê Foster sal die toekenning ontvang as erkenning vir ‘n briljante artistieke reis en ‘n unieke persoonlikheid met ‘n beskeie, maar sterk verbintenis tot sommige van die belangrikste kwessies van ons tyd.