Noodsaaklikedienste-permit is nie reispermit nie

Daar is verwarring oor die gebruik van die sertifikaat wat aan persone in noodsaaklike dienste werk uitgereik is. Met die streke wat ingeperk is, moet lede van die publiek verstaan dat dié dokument nie gebruik kan word om ‘n streek te verlaat nie. ‘n Reispermit moet bekom word soos Elijah Mukubonda van die ministerie van handel verduidelik.