Tjiriange word by Helde-akker begrawe

Die Namibiese ministerie van inligting het aangekondig dat die voormalige minister van justisie en sekretaris-generaal van Swapo, Ngarikutuke Tjiriange, ‘n staatsbegrafnis toegeken is. Tjiriange, 77, is op 23 Junie oorlede aan Covid-19. Sy roudiens sal môre in die parlementstuine gehou word en hy sal Donderdag by die Helde-akker net Suid van die hoofstad begrawe word. Volgens die ministerie sal Covid-maatreëls, wat die beperking van tien roubeklaers insluit, streng toegepas word.