Daar is ‘n Covid-19-positiwiteitskoers van 41% in die land
Daar is volgens die Namibiese gesondheidsministerie op die oomblik ‘n Covid-19-positiwiteitskoers van 41% in die land. Volgens die jongste statistiek is daar 1 726 nuwe gevalle aangeteken met,Erongo en Otjozondjupa wat elk 13% van die gevalle bevestig het. Uit al die gevalle was daar slegs nege wat een dosis entstof ontvang het, nie een van […]
EU oor Winter Olimpiese Spele in Beijing
Die Europese Parlement het ten gunste daarvan gestem dat diplomate die Beijing Winter Olimpiese Spele boikot weens voortgesette bewerings van menseregtevergrype. Hulle wil ook hê hulle regerings moet nog sanksies instel weens China se behandeling van Uighur-Moslems en voortgesette steun bied aan voorstanders van demokrasie in Hongkong. Dit volg na die bevriesing van ‘n beleggingsooreenkoms […]
Taliban weer in die nuus
‘n Afvaardiging van die Taliban in Rusland het amptenare meegedeel hy beheer meer as 85-persent van Afghanistan se grondgebied. Hy het Rusland verseker hy sal nie toelaat die land as ‘n platform gebruik word om andere aan te val nie. Buitelandse magte, insluitend Amerika, is besig om na ‘n oorlog van bykans 20 jaar uit […]
WGO oor Covid-pandemie in Afrika
Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê die vasteland het die afgelope week die meeste Covid-19-gevalle ooit aangeteken. Die syfers vir die afgelope sewe dae het die hoogtepunt tydens die tweede vlaag verbygesteek. Altesaam 5,7-miljoen bevestigde Covid-19-gevalle is tot dusver in Afrika aangemeld, terwyl 147-duisend mense dood is. Matshidiso Moeti van die WGO sê die syfers styg […]
Geweld in Suid-Afrika gemonitor
Die Suid-Afrikaanse polisie monitor die situasie terwyl wydverspreide geweld in ander provinsies van die buurland dreig. Dit volg nadat openbare geweld in dele van KwaZulu-Natal uitgebreek het oor oudpresident Jacob Zuma se tronkstraf.Minstens 27 verdagtes is op aanklagte van openbare geweld, inbrake by sakeondernemings, kwaadwillige skade aan eiendom en die oortreding van die Covid-19-inperkingsregulasies in […]
Lekker tennis vandag
Tennis: Matteo Berrettini word vandag die eerste Italiaanse man in die eindstryd van Wimbledon wanneer hy teen Novak Djokovic van Serwië te staan kom op die hoofbaan. Die wêreld se voorste vroue speler, Ashleigh Barty van Australië het die Tsjeg Karolina Pliskova in die vroue eindstryd met 6-3,7-6 en 6-3 geklop en so die eerste […]
Salarisverhogings vir staatsamptenare weer in die nuus
Die president van die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid, Jacques Moolman, sê die verskil tussen die staatsdiens en privaat-indiensneming is dat die privaatsektor se salarisverhogings afhang van die sukses van die maatskappy. Hy sê staatsdiensamptenare is geneig om te dink ‘n jaarlikse verhoging bo inflasie is bloot ‘n geval van die skud van die […]
Kommer oor geweld en plundering in KwaZulu-Natal
Die polisie in KwaZulu-Natal in die buurland werk nóú saam met die Nasionale Vervolgingsgesag om strafregtelike aanklagte te formuleer oor die protesoptrede wat eThekwini en ander dele van die provinsie getref het. Die kwaadwillige beskadiging aan eiendom, brandstigting, plundering en versperring en beskadiging van nasionale paaie is glo deel van ‘n veldtog om die provinsie […]
Bustariewe in Windhoek styg
Bustariewe in Windhoek styg van môre af. Stad Windhoek het bekendgemaak dat smart-kaarttariewe van sewe Namibiese dollar tot sewe dollar vyftig sent styg en kontanttariewe styg van agt Namibiese dollar tot agt dollar vyftig sent. Volgens kundiges gaan dit groter druk op verbruikers plaas wat reeds erg gebuk gaan onder stygende lewenskoste.
Britse en Ierse Leeus klop die Haaie
RUGBY: Die Britse en Ierse Leeus het die Haaie met 71-31 op Loftus Versfeld in Pretoria geklop. Jaden Hendriks is in die 46 ste minuut van die die veld af gestuur met n rooikaart nadat hy ‘n teenstander met ‘n elmboog in die gesig getref het. In nog rugbynuus. Nieu Seeland het Fidji met 57-23 […]