WGO oor Covid-pandemie in Afrika

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê die vasteland het die afgelope week die meeste Covid-19-gevalle ooit aangeteken. Die syfers vir die afgelope sewe dae het die hoogtepunt tydens die tweede vlaag verbygesteek. Altesaam 5,7-miljoen bevestigde Covid-19-gevalle is tot dusver in Afrika aangemeld, terwyl 147-duisend mense dood is. Matshidiso Moeti van die WGO sê die syfers styg tans in 16 lande, waarvan tien reeds die Delta-variant aangemeld het. Moeti sê hulle is egter bemoedig deur die nuus dat meer as 20-miljoen dosisse entstof van Johnson en Johnson en Pfizer-BioNTech via die COVAX-program eersdaags uit Amerika in Afrika verwag word.