Lekker tennis vandag

Tennis: Matteo Berrettini word vandag die eerste Italiaanse man in die eindstryd van Wimbledon wanneer hy teen Novak Djokovic van Serwië te staan kom op die hoofbaan. Die wêreld se voorste vroue speler, Ashleigh Barty van Australië het die Tsjeg Karolina Pliskova in die vroue eindstryd met 6-3,7-6 en 6-3 geklop en so die eerste Australiese vrou in 40 jaar geword wat die Wimbledon-kroon kon verower. Barty het na die kragmeting met die media gepraat.