Salarisverhogings vir staatsamptenare weer in die nuus

Die president van die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid, Jacques Moolman, sê die verskil tussen die staatsdiens en privaat-indiensneming is dat die privaatsektor se salarisverhogings afhang van die sukses van die maatskappy. Hy sê staatsdiensamptenare is geneig om te dink ‘n jaarlikse verhoging bo inflasie is bloot ‘n geval van die skud van die tower geldboom. Volgens Moolman moet daar ‘n ooreenkoms tussen alle onderhandelaars wees dat hoër salarisse vir staatsdiensamptenare afhang van die sterkte van die ekonomie.