Daar is ‘n Covid-19-positiwiteitskoers van 41% in die land

Daar is volgens die Namibiese gesondheidsministerie op die oomblik ‘n Covid-19-positiwiteitskoers van 41% in die land. Volgens die jongste statistiek is daar 1 726 nuwe gevalle aangeteken met,Erongo en Otjozondjupa wat elk 13% van die gevalle bevestig het. Uit al die gevalle was daar slegs nege wat een dosis entstof ontvang het, nie een van die positiewe gevalle was ten volle ingeënt nie.


Tans is 130 048 mense reeds teen Covid-19 ingeënt waarvan 29 537 ten volle ingeënt is.Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in Suid-Afrika het intussen bekendgemaak dat daar 21 duisend-610 nuwe COVID-19 gevalle in die buurland bevestig is.Dit bring die totale aantal bevestigde gevalle op twee miljoen-179 duisend-297 te staan.Hierdie toename verteenwoordig ‘n positiwiteitskoers van 28%.