Geweld in Suid-Afrika gemonitor

Die Suid-Afrikaanse polisie monitor die situasie terwyl wydverspreide geweld in ander provinsies van die buurland dreig. Dit volg nadat openbare geweld in dele van KwaZulu-Natal uitgebreek het oor oudpresident Jacob Zuma se tronkstraf.Minstens 27 verdagtes is op aanklagte van openbare geweld, inbrake by sakeondernemings, kwaadwillige skade aan eiendom en die oortreding van die Covid-19-inperkingsregulasies in hegtenis geneem. ‘n Polisiewoordvoerder, Jay Naicker sê ‘n onbevestigde aantal vragmotors is aan die brand gesteek en verskeie sakeondernemings in Mooirivier is geplunder.