Bustariewe in Windhoek styg

Bustariewe in Windhoek styg van môre af. Stad Windhoek het bekendgemaak dat smart-kaarttariewe van sewe Namibiese dollar tot sewe dollar vyftig sent styg en kontanttariewe styg van agt Namibiese dollar tot agt dollar vyftig sent. Volgens kundiges gaan dit groter druk op verbruikers plaas wat reeds erg gebuk gaan onder stygende lewenskoste.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *