Taliban weer in die nuus

‘n Afvaardiging van die Taliban in Rusland het amptenare meegedeel hy beheer meer as 85-persent van Afghanistan se grondgebied. Hy het Rusland verseker hy sal nie toelaat die land as ‘n platform gebruik word om andere aan te val nie. Buitelandse magte, insluitend Amerika, is besig om na ‘n oorlog van bykans 20 jaar uit die land te onttrek. Volgens nuusagentskappe het die stap die Taliban-invallers aangespoor om nuwe grondgebied in Afghanistan te probeer inneem. Drie amptenare van die Taliban sê die beweging gaan alles in die stryd werp om te verhoed dat die Islamitiese Staat van Afghaanse grondgebied opereer.