EU oor Winter Olimpiese Spele in Beijing

Die Europese Parlement het ten gunste daarvan gestem dat diplomate die Beijing Winter Olimpiese Spele boikot weens voortgesette bewerings van menseregtevergrype. Hulle wil ook hê hulle regerings moet nog sanksies instel weens China se behandeling van Uighur-Moslems en voortgesette steun bied aan voorstanders van demokrasie in Hongkong. Dit volg na die bevriesing van ‘n beleggingsooreenkoms tussen Brussels en Beijing. Nuusagentskappe berig die Europese Parlement se besluit is egter nie bindend nie.