Covid-19: 571 nuwe gevalle, 30 sterftes

Die Namibiese gesondheidsministerie het 30 Covid-sterftes in vier distrikte bevestig, asook 571 nuwe gevalle uit 2 384 toetsuitslae. In die groep is 32 leerders, sewe gesondheidswerkers, ses studente en vier onderwysers. Daar is nou 24 670 aktiewe gevalle, waarvan 532 pasiënte in hospitale is en 97 in intensiewesorgeenhede. Die adjunk-gesondheidsminister, Esther Muinjangue, gee die jongste […]

Read More

Namibiese eerste minister: SA kan eie probleme oplos

Die situasie in Suid-Afrika is kommerwekkend, sê die Namibiese eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat alhoewel die Suider-Afrikaanse streek gereed is om saam met Suid-Afrika te werk, is daar geen twyfel dat die buurland en sy mense daartoe in staat is om self ‘n oplossing vir die probleem te […]

Read More

Duitse kanselier besoek laaste keer die Withuis

Die Duitse kanselier, Angela Merkel, gaan later vandag die laaste keer in die Withuis verskyn wanneer sy die Amerikaanse president, Joe Biden, in Washington ontmoet. Sy verlaat haar posisie in Oktober na meer as 15 jaar. Merkel en Biden gaan volgens berigte ‘n wye verskeidenheid onderwerpe bespreek, insluitend klimaatsverandering, Covid-entstof en Russiese kuber-aanvalle. Merkel sal […]

Read More

Nampol vernietg N$10 miljoen se dwelms

Die Namibiese polisie het dwelms van byna 10 miljoen Namibiese dollar by die Namibiese polisie se nasionale forensiese wetenskapsinstituut vernietig. Dit sluit onder meer dagga, kokaïenepoeier, Crack kokaïene, heroïne, Mandrax-tablette en metamfetamien in. Volgens Nampol is al die sake van die dwelms wat vernietig is, vanaf die tydperk 2015 tot 2020 en reeds in howe […]

Read More

Capitec Bank bekommerd oor vernietiging van kitsbanke

Capitec Bank in Suid-Afrika het kommer uitgespreek oor die vernietiging van kitsbanke te midde van die voortslepende geweld en plundering in die land. Die bank moedig die publiek aan om veilig en waaksaam te bly, en doen verder ‘n beroep op sy klante om hulle kaarte vir aankope te gebruik aangesien baie takke moes sluit. […]

Read More

SA Landbou-sakekamer voorspel stygende insetkoste

Die Suid- Afrikaanse Landbou-sakekamer waarsku stygende insetkoste kan winste gemaak uit hoër graanpryse beïnvloed. Die hoofekonoom, Wandile Sihlobo, sê die hoë landbou-kommoditeitspryse was ‘n meevaller vir graan- en oliesade-produsente. Hy sê oor die jongste wêreldwye landboumarkte, die stygende insetkoste vir olie, onkruiddoders en kunsmis kan hierdie winste ondermyn wanneer boere die 2021-2022 produksieseisoen betree.

Read More

Britse moordbeskuldigde Harvey Boulter uit op borg van N$500 000

Die Britse miljardêr en moordbeskuldigde, die 51-jarige Harvey Boulter, is op borgtog van 500 000 Namibeise dollar vrygelaat. Hy staan tereg op die moord van sy plaasbestuurder, Gerhard van Wyk, wat op 27 Februarie aan ‘n skietwond beswyk het, glo ná ‘n onderonsie op Boulter se plaas Kaross, in die Kamanjab-distrik. Sy aansoek vir die […]

Read More

Junie se inflasie hoogste sedert Mei 2019

Die Namibiese makelaarsfirma Cirrus Data berig dat die jaarlikse inflasie vir Junie 2021 4,1 persent is. Dit is die hoogste vlak sedert Mei 2019. Junie vanjaar se inflasiekoers vergelyk teen 2,1 persent in Junie verlede jaar en 3,8 persent in Mei 2021.

Read More

Covid: armes word armer en rykes word ryker

Simonis Storm het in sy kwartaallikse verslag gesê dat mikro- en klein besighede ‘n groter impak tydens die pandemie beleef het. Die makelaarsfirma het ook bepaal dat ongelykheid ook in die Namibiese samelewing vergroot het. Kosmos 94.1 Nuus het met Bruce Hansen, besturende direkteur by Simonis Storm gepraat.

Read More

Kenner twyfel of MK-lede by onluste in SA betrokke is

Daar word berig dat die aanhitsers van wat die ANC-regering as ‘goed georkestreerde ekonomiese sabotasie’ beskryf, is na bewering voormalige senior uMkhonto we Sizwe-lede wat ook deel gevorm het van die land se intelligensie en sekuriteitstrukture. Die buurland se adunkminister van Staatsekuriteit Zizi Kodwa het die aankondiging gemaak. Daar is ook berigte dat verskeie aanvalle […]

Read More