Covid: armes word armer en rykes word ryker

Simonis Storm het in sy kwartaallikse verslag gesê dat mikro- en klein besighede ‘n groter impak tydens die pandemie beleef het. Die makelaarsfirma het ook bepaal dat ongelykheid ook in die Namibiese samelewing vergroot het. Kosmos 94.1 Nuus het met Bruce Hansen, besturende direkteur by Simonis Storm gepraat.