Duitse kanselier besoek laaste keer die Withuis

Die Duitse kanselier, Angela Merkel, gaan later vandag die laaste keer in die Withuis verskyn wanneer sy die Amerikaanse president, Joe Biden, in Washington ontmoet. Sy verlaat haar posisie in Oktober na meer as 15 jaar. Merkel en Biden gaan volgens berigte ‘n wye verskeidenheid onderwerpe bespreek, insluitend klimaatsverandering, Covid-entstof en Russiese kuber-aanvalle. Merkel sal ook die eerste buitelandse leier wees om deur die Amerikaanse visepresident, Kamala Harris, in haar ampswoning ontvang te word.