Capitec Bank bekommerd oor vernietiging van kitsbanke

Capitec Bank in Suid-Afrika het kommer uitgespreek oor die vernietiging van kitsbanke te midde van die voortslepende geweld en plundering in die land. Die bank moedig die publiek aan om veilig en waaksaam te bly, en doen verder ‘n beroep op sy klante om hulle kaarte vir aankope te gebruik aangesien baie takke moes sluit. ‘n Woordvoerder, Francois Viviers, het die geweld veroordeel en waarsku dat dit ‘n verwoestende uitwerking op die ekonomie sal hê.