Junie se inflasie hoogste sedert Mei 2019

Die Namibiese makelaarsfirma Cirrus Data berig dat die jaarlikse inflasie vir Junie 2021 4,1 persent is. Dit is die hoogste vlak sedert Mei 2019. Junie vanjaar se inflasiekoers vergelyk teen 2,1 persent in Junie verlede jaar en 3,8 persent in Mei 2021.