Namibiese eerste minister: SA kan eie probleme oplos

Die situasie in Suid-Afrika is kommerwekkend, sê die Namibiese eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat alhoewel die Suider-Afrikaanse streek gereed is om saam met Suid-Afrika te werk, is daar geen twyfel dat die buurland en sy mense daartoe in staat is om self ‘n oplossing vir die probleem te vind nie.