Britse moordbeskuldigde Harvey Boulter uit op borg van N$500 000

Die Britse miljardêr en moordbeskuldigde, die 51-jarige Harvey Boulter, is op borgtog van 500 000 Namibeise dollar vrygelaat. Hy staan tereg op die moord van sy plaasbestuurder, Gerhard van Wyk, wat op 27 Februarie aan ‘n skietwond beswyk het, glo ná ‘n onderonsie op Boulter se plaas Kaross, in die Kamanjab-distrik. Sy aansoek vir die hersiening en tersydestelling van die besluit om hom vroeër in die Outjo-landdroshof borgtog te weier, het vanoggend in die hoërhof in Windhoek geslaag.